SportSport

Netbalfees gaan kookwater wees hierdie naweek by Volkies

Netbal en sportliefhebbers kan gereed maak vir 'n top kwaliteit aksie wanneer die 2023 Irene Seymore Volkie Netbaltoernooi vanaf 28-29 Julie by Volkskool Potchefstroom plaasvind. 

Netbal en sportliefhebbers kan gereed maak vir ‘n top kwaliteit aksie wanneer die 2023 Irene Seymore Volkie Netbaltoernooi vanaf 28-29 Julie by Volkskool Potchefstroom plaasvind.

o.14 tot o.19 spanne vanuit meer as 18 skole gaan aan hierdie toernooi deelneem.

Hierdie toernooi was voorheen as die Volkie Coke Netbaltoernooi bekend, maar is na die legendariese Volkie netbalafrigter en stigter, van die toernooi, Irene Seymore, in 2022 vernoem.

Die aksie begin alreeds vanmiddag (Vrydag, 28 Julie) om 14:00. Saterdag word die eerste fluitjie om 08:00 geblaas. Die wenners sal dan later daardie middag tydens die uitspele bepaal word.

Beide Volkies as gasheer en hul bure, Gimmies, sal in hierdie toernooi speel en graag in hul tuisdorp goeie uitslae voor hul tuisskare wil behaal.

Hier is die poele:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button