SportSport

Bergfietsryers en drawwers laat stof staan by Gaan Wild

Die speke het gesing en die stof het behoorlik gaan staan by die Gaan Wild MTB & Run wat die Potchefstroom Sakekamer vanaf 7-8 Oktober op Lekwena Landgoed aangebied het.

Die speke het gesing en die stof het behoorlik gaan staan by die Gaan Wild MTB & Run wat die Potchefstroom Sakekamer vanaf 7-8 Oktober op Lekwena Landgoed aangebied het. R50 000 se prysgeld was op die spel vir deelnemers van oral oor Noordwes, Gauteng sowel as die Vrystaat.

In die bergfietswedren het ervare deelnemers aan die 94 km, 60 km, 42 km en 20 km afstande deelgeneem. Dit was ook ‘n kwalifiseringsgeleentheid vir die Noordweskampioenskappe.

Volgens Sias le Roux, die voorsitter van Noordwes Fietsry was hierdie jaar se bergfietswedren baie goed georganiseer en die terugvoer wat hy van die ryers gekry het, was baie positief.

Die wenner van die 60 km bergfietswedren, Potchefstroom se eie Ernie Roets, is ook tans die Afrika Kampioen en het Potchefstroom se naam hoog gehou.

Roets het erken dat die wind met tye bietjie rof was, maar bygevoeg dat die wind wel ‘n rol in sy voorsprong gespeel het. Tydens die veldwedloop was die wind stiller en hardlopers in die 5 km, 10 km en 24 km kon gemaklik die baan aandurf. Tydens hierdie geleentheid was dit wonderlik om te sien hoe gesinne saam aan hierdie unieke wedloop deelneem – met sommiges wat selfs vir Ouma en Oupa saamgebring het. Met die roete wat deur die landgoed gaan, kon deelnemers tydens hulle roete deel word van die natuurskoon, ryk voëllewe en wilde diere wat eie is aan Lekwena. Dr Marie Vorster, ‘n plaaslike dokter het aan beide die bergfietswedren, sowel as die veldwedloop deelgeneem.

“Die roete maak Gaan Wild spesiaal,” het sy gesê terwyl sy gespog het dat haar hele gesin aan die 5 km veldwedren saam met haar deelgeneem het.

Haar jongste, Kara Vorster, het tweede gekom in die vroue 5 km.

Juanita Smit, voorsitter van die Sakekamer sê dit is vir hulle as organisasie lekker om iets te kan aanbied vir die avontuurlustiges wat graag tyd in die natuur spandeer, terwyl hulle ‘n verskil in die gemeenskap maak. Sy voeg by dat die Potchefstroom Sakekamer bevoorreg is om ongelooflike borge en lede van die gemeenskap aan hulle kant te hê wat geleenthede soos hierdie ondersteun.

Wenners:

Bergfietswedren:

20 km mans:

1) Janco Stemmet en Elardus Erasmus

2) Matthew Dickens

3) Michael Kanis

20 km vroue:

1) Aimee-Lee Lotter

2) Hannah Lansdell

3) Bella Grobler

42 km mans:

1) Stephan Aldum

2) Jano van der Merwe

3) Wijan Nieuwoudt

42 km vroue:

1) Adéle du Plessis

2) Venessa Kleyn

3) Monique Labuschagne

60 km mans:

1) Ernie Roets

2) Ryno Schutte

3) Beon van Staden

60 km vroue:

1) Bianca Botha

2) Zanri Grobbelaar

3) Michelle Andrew

94 km Elite & Veteraan mans:

1) Jaco van Dyk

2) Dusty Day

3) Jean du Plessis

94 km Elite & Veteraan vroue:

1) Karlise Scheepers

2) Anja Heenop

3) Christelle Snyman

Veldwedloop:

5 km mans:

1) Kleinboy Mashile

2) Divan Kruger

3) Christhean Muller

5 km vroue:

1) Mandie Kruger

2) Kara Vorster

3) Marisa Tallie

10 km mans:

1) Romeo Tshepo Dingiswayo

2) Andreas van Heerden

3) Simphiwe Segomelo

10 km vroue:

1) Luché van der Berg

2) Tanita Sada

3) Janél Coetzee

24 km mans:

1) Aaron Moate

2) Remaketse Lekaka

3) Jaco Barnard

24 km vroue:

1) Esther-Marie Boshoff

2) Audrey Liebenberg

3) Kayla le Roux

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button