Hoërskool Ferdinand Postma se atlete het einde September hulle stem dik gemaak by die Curro Podium byeenkoms wat by die Pilditch-stadion in Pretoria plaasgevind het. Ferdies was die kleinste skool by hierdie byeenkoms en was ook die enigste skool van Noordwes wat hier deelgeneem het.
Meer as 50 top skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Ferdies se ster spiesgooier, Danél Meintjies (17) het in die 0.19 dogters spiesgooi-item deelgeneem en ‘n goue medalje verower.
8 atlete het onder die top 10 geeïndig by hierdie massiewe byeenkoms.
Hulle is:
o.19 meisies 100 m:
– Philile Ziyane (17) – derde
o.19 seuns 400 m:
– Krynauw Brits (17) – 10de
o.19 meisies 800 m:
– Megan Botha (17) – 7de
o.19 seuns 800 m:
– Krynauw Brits (17) -6de
o.19 meisies 1 500 m:
– Megan Botha (17) – 5de
o.19 seuns 3 000 m:
– Isak Hitge (17) – 6de
o.19 seuns verspring:
– Olwam Madwaba (17) – 7de



