Johann Gutsche vlieg oor die hoogspringlat om die Afrika-rekord vir mans 55-59 in Meestersatletiek te breek. Foto: Verskaf.
Die Potchefstromer en oud-Potch Volkie, Johann Gutsche, het met ‘n 1.72 meter sprong die Afrikarekord vir mans (55-59 jaar) hoogspring gebreek.
Gutsche, ‘n tandheelkundige van beroep, het hierdie fenomenale prestasie behaal tydens die Afrika Meestersatletiekbyeenkoms wat op die Pilditch Stadion in Pretoria vanaf 16-18 November plaasgevind het.
Johann Gutsche staan trots met die SA vlag na hy ‘n nuwe Afrikarekord behaal het en ook goud vir sy land ingepalm het. Gutsche het aan die Afrika Meestersatletiek-kampioenskappe vanaf 16-18 November in Pretoria deelgeneem. Foto’s: Verskaf.Johann Gutsche vlieg oor die hoogspringlat om die Afrika-rekord vir mans 55-59 in Meestersatletiek te breek. Foto: Verskaf.
Hy is ook aangewys as beste mansatleet (velditem) van hierdie byeenkoms. Gutsche is ook tans derde op die wêreldranglys in sy ouderdomsgroep.
Kyk sy sprong hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.