Oud-Tokkie en SA o.19 krieketster maak ‘n draai by Mooirivier
Lhuan-dré Pretorius het alreeds op laerskool in krieket uitgeblink en dit is geen verrassing dat hierdie kolwer nou in die SA o.19 span vir die Wêreldbekertitel meeding nie.
DIe oud-Laerskool Mooirivier leerder en huidige SA o.19 SA krieketspeler, Lhuan-dré Pretorius, het hierdie afgelope week weer sy alma mater in Potch kom besoek.
Tokkies was baie opgewonde om hierdie SA o.19 ster te ontmoet, met al die huidige leerders wat graag sy handtekening wou bekom.
Foto’s: Laerskool Mooirivier/Facebook



Die 2024 o.19 Krieketwereldbeker vind tans in Suid-Afrika plaas, met die Proteas wat hul groep en Super Ses-fase wedstryde in Potchefstroom speel.
Dit was sodoende ‘n gulde geleentheid vir Pretorius om weer sy voete op hierdie bekende gronde te sit en met ou-onderwysers en afrigters op te vang.

Pretorius is vanjaar in matriek by St.Stithians College in Johannesburg.
Tokkies het ook Woensdag die Proteas en Pretorius tydens hul Super Ses-wedstryd teen Zimbabwe uit volle bors ondersteun.
Suid-Afrika speel vandag (Vrydag, 2 Februarie) hul tweede Super Ses-wedstryd teen Sri Lanka op die J.B. Marks Oval in Potch. Die wedstryd begin om 10:00. Ingang is gratis.



