‘n Brand by ‘n plaas in die Haaskraal-omgewing net buite Potchefstroom het gisteraand (1 Februarie) groot skade aangerig.
Die brand het net na 19:00 uitgebreek nadat ‘n voertuig glo in die motorhuis aan die brand geslaan het. Die vuur het toe na die res van die huis versprei.
Kyk die video hier waar die huis aan vlamme is: (Video: Verskaf)
J.B. Marks brandweer en die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging was op die toneel om die brand te blus.
Dit is tans nog nie presies seker wat die totale omvang van die skade aan die huis is nie.
Geen persone is in die brand beseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



