SportSport

Plaaslike skole speel ook by NWU Prestige sewes-toernooi

Daar was 'n paar resultate wat kykers onkant gevang het.

Vier plaaslike skole het ook die afgelope naweek by die NWU se prestige sewes toernooi gespeel.

Alhoewel nie deel van die toernooi, wat skole soos Paul Roos en Grey College ingesluit het nie, het Volkies, Gimmies, HTS Potch en Ferdies die geleentheid met albei hande aangegryp.

Volkies het veral in die rondomtalie teen ander plaaslike skole geskitter. Hulle klop vir HTS met 40 – 0 en vir Gimmies met 38 – 7.

Volgens Mighael de Beer, afrigter van Volkies, was dit ‘n wonderlike toernooi wat goed gereel was.

“Dit was ook baie goeie voorbereiding vir die Noordvaal toernooi wat opkom. Ons weet dit gaan taai wees maar ons sien uit daarna,” het de Beer gesê.

Ferdies het baie verras met ‘n 17 -15 oorwinning teen Gimmies. Die manne van Ferdies het ook met 12 -12 gelykop teen HTS Potch gespeel. In die eerste jaar wat hulle aan sewes deelneem is dit ‘n merkwaardige prestasie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button