Volkies hou gala-aand vir rugby manne
Matt Proudfoot (hoofafrigter van die Luiperds), Henry Stewart (hoof van ontwikkeling by die Luiperds) en Dustin Wetdewich (redakteur van die Herald) het gehelp om die verskeie toekennings uit te deel.
Volkies het hulle jaarlikse Toks en Stilettos aand Vrydag by die Elgro hotel aangebied. By dié glans geleentheid is die skool se rugby spelers en afrigters vereer en beloon vir die goeie werk wat hulle deur die loop van die seisoen gedoen het. Bakkies Botha, het op die aand ‘n boodskap met die spelers gedeel. Die oorhoofse tema van sy boodskap was dat elke speler altyd alles moet gee, in God vertrou en altyd die spel geniet. “Alles wat ek in rugby geleer het, pas ek vandag nog in my lewe toe, veral dissipline en spanwerk,” het Botha gesê.
Matt Proudfoot (hoofafrigter van die Luiperds), Henry Stewart (hoof van ontwikkeling by die Luiperds) en Dustin Wetdewich (redakteur van die Herald) het gehelp om die verskeie toekennings uit te deel. Volkies het ‘n verrassing vir die
gehoor gehad met die bekendstelling van die oop spanne se nuwe truie vir die 2025 seisoen. Hier is die hooftoekennings wat
op die aand uitgedeel is:
Senior rugby speler van die jaar:
Christoff Nel
Junior speler van die jaar:
AJ du Plessis
Senior sewesspeler van die jaar:
Anro Nel en Hennie Pretorius
Junior sewesspeler van die jaar:
Kyle Hattingh
15 Man afrigters van die jaar:
Mighael de Beer, Johan Herbst en
Tony Plotz
Sewes afrigters van die jaar:
Mighael de Beer, Johan Herbst, Jaco
Marais en Tony Plotz
Span van die jaar:
Volkies se 1ste XV
Direkteurs trofee:
Senior sewesspan








