Local newsSportSport
Gimmies gr.10 krieketster by Proteas ingesluit
Deidré van Rensburg is gekies vir die Protea o19-vrouekrieketspan
Gimmies se krieketsensasie, Deidré van Rensburg is vir die Protea o19-vrouekrieketspan gekies wat aan die Jeug T20-
internasionale reeks gaan deelneem. Enige keer wat ‘n persoon, nasionale kleure verwerf is dit ‘n besonderse prestasie. In
Van Rensburg se geval is sy as graad 10-leerling (o16) vir die o19 nasionale span gekies. “Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir hierdie graad 10-dogter. Ons hou haar krieketloopbaan met groot afwagting dop,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Die span gaan op 28 Oktober hul eerste wedstryd teen Ierland in Pretoria speel. Daar sal vyf T20 wedstryde teen Ierland in
die reeks gespeel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



