Local newsSportSport

Potch se tweekamp atlete ryg medaljes in

Potchefstroom was goed verteenwoordig, met die Hoërskool en Laerskool NW Skole Tweekamptrofeë wat onderskeidelik aan Gimnasium Hoërskool en Laerskool Mooirivier toegeken is.

Die Noordwes tweekampkampioenskappe het op Sondag 2 Februarie in Potchefstroom plaasgevind. Atlete het die hardloop by die Kenneth McArthur-stadion gedoen en in die Potchefstroomdam-oord swembad geswem.

Potchefstroom was goed verteenwoordig, met die Hoërskool en Laerskool NW Skole Tweekamptrofeë wat onderskeidelik aan Gimnasium Hoërskool en Laerskool Mooirivier toegeken is.

‘n Aantal goue medaljes is deur Potchefstroomse atlete verower. Meisies o.9 (Ava de Kock), seuns o.9 (Liam Heenop), Meisies o.11 (Millay de Kock), seuns o.11 (Fredrich Liebenberg), seuns o.13 (Jacques Hooghiemstra), seuns o.15 (Christiaan Liebenberg), meisies o.17 (Inneke Liebenberg), Meisies o.19 (Mathilda Liebenberg) en seuns o.19 (Pieter-Jacq du Toit).

Tweekamp is ‘n ware gesinssport, met baie ouers wat saam met hul kinders deelneem. Elmarie Engles, ‘n onderwyseres by Potchefstroom Sentraal, het die Dames 50+ ouderdomsgroep gewen, en Zoli de Kock het Dames 40+ gewen. Jaco Barnard was die wenner van Mans 40+

Die SA tweekampkampioenskappe vind op 21 en 22 Maart in Oudtshoorn plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button