SportSport

Luiperds veg verbete teen Valke

Dit was 'n titaniese stryd, nadat daar groot skuiwe by die Luiperds aangekondig was.

Die Luiperds het die afgelope naweek, sonder die leiding van hulle hoofbreier Matt Proudfoot, 31- 45 teen die Valke verloor.

Dit was ‘n titaniese stryd, nadat daar groot skuiwe by die Luiperds aangekondig was. Proudfoot is voor die wedstryd teen die Valke van sy pligte as hoof afrigter onthef. Rian van Straaten het sy pligte oor geneem.

volgens Mervyn Taylor, president van die Luiperds Rugby Unie, is Proudfoot nie weg by die unie nie.

“Hy is nie afgedank nie. Slegs van sy pligte as hoofafrigter onthef. Na afloop van die SA-beker sal ons ‘n nabetragting hou en besluit hoe dinge vorentoe gaan werk,” het Taylor verduidelik.

Die Luiperds het hulle spel aansienlik gelig, teen die Valke, waar dit op ‘n kol met 15 minute oor in die wedstryd nog 24 elk gelykop was. Die Luiperds het in die tyd wat oor is twee keer gaan druk waar die driee nie toegeken was nie.  Die Luiperds het steeds ‘n bonuspunt uit die wedstryd gevat.

Dit wedstryd kon maklik enige rigting gegaan het. Daar was ‘n groep Varsitybeker spelers wat vir die Luiperds opgedraf het, wat hulle versterk het. Die spelers was beskikbaar vir die Luiperds deur die goeie samewerking tussen die NWU en die Luiperds.

Die laaste wedstryd vir die Luiperds van die SA beker is komende naweek teen die Arende op die Hoenderhok.Die wedstryd skop om 15:00 af. Dit is beslis ‘n wedstryd wat die Luiperds sal kan wen as hulle vlak van spel bly soos dit die afgelope naweek was.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button