Volkies se veldtog kry knou ná nederlaag teen Plasies in Tzaneen
Volkies se Noordvaal Bowl-veldtog het ’n terugslag gekry ná ’n harde 28–19 nederlaag teen Merensky in Tzaneen. Ná ’n belowende begin kon die Potchefstromers nie Merensky se tweede helfte-aanval keer nie.
Volkies se Noordvaal bowl-afdeling veldtog het die afgelope naweek, ‘n knou gekry na hulle ‘n fisiese stryd teen Merensky verloor het.
Die lang pad huis toe is langer gemaak met dié 28 -19 verlies. Volkie se dissipline het hulle vroeg in die wedstryd gekos, en Merensky die geleentheid gegee om 6-0 die voortou te neem. Daar was duidelik ‘n paar seer lywe na ‘n taai Classic Clash. Die lang reis na Tzaneen het dit ook nie vir Volkies makliker gemaak nie.
Die Potchefstromers het hulle voete gevind en terug geslaan om twee keer te gaan druk. Dinge was besig om in Volkies se guns te gaan, met die telling op 6-14. Die Plasies het nie bes gegee nie, hulle die bal lewendig met goeie hantering sodoende het hulle vir Volkies telkemale op die agtervoet geplaas.
Teen halftyd het Merensky terug baklei en die telling is 14-elk. Volkies gaan druk vroeg in die tweede helfte, om weer die voortou te neem. Dit was die laaste sê wat die Potchefstromers in die wedstryd gehad het. Die res van die tweede helfte het aan die Plasies behoort. Hulle gaan druk nog ‘n keer en klits ‘n strafskop oor om die wedstryd 28 -19 te wen.
Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was hulle eerste linie verdediging op die dag hulle grootste ondergang.
Volkies vat weer die pad vir hulle volgende wedstryd in Pretoria teen Eldoraigne komende naweek.



