Al Gimmies se netbalspanne kwalifiseer vir nasionale kompetisie
Gimmies se netbal is aan die brand met al vyf van hulle A spanne wat vir die nasional toernooi gekwalifiseer het.
Al vyf van Gimmies se A-netbalspanne het tydens ‘n toernooi in Rustenburg gekwalifiseer om aan die nasionale kampioenskappe te gaan deelneem.
Volgens Maryke Coetzee, netbalorganiseerder van Gimmies, is sy baie trots op elke dogter en afrigter
“Dit is n eer om deel van Gimmie netbal te kan wees. Dit ook waarvoor ons gewerk het. Ons sit met ongelooflike afrigters. Ek het nog nooit saam sulke besonderse groep dames gewerk nie. Elke afrigter gun mekaar elke gedeelte wat na hulle kan toe kom. vra mekaar se raad en ondersteun saam langs elke baan. Dit voel vir my asof elke afrigter so presies by haar span pas. Die dogters het ook ingekoop op die afrigters se planne en werk bitter hard om die uitslae te kry wat ons wel gekry het.
Dit beteken nie ons het nog nie pakslae gekry die jaar nie ons het al harde lesse geleer. Maar dit is presies wat gebeur, mens leer baie uit sulke wedstryde,” het Coetzee gesĂȘ.
Die toernooi vind van 30 Julie tot 2 Augustus plaas.








