Local newsSportSport

Gimmies steek eerste graaf vir nuwe Astro-hokkiebaan

Na bykans tien jaar se beplanning begin Gimmies se droom van ’n eie Astro-baan uiteindelik vorm aanneem.

Amper ‘n dekade se beplanning en harde werk het uiteindelik tot ‘n punt gekom.

Gimmies het op 15 Oktober ‘n sooi-spit sermonie gehou vir die Astro-hokkiebaan wat gebou gaan word.

Volgens Jacques Botes, hoof van sport by Gimmies, is planne vir die Astro al ongeveer 10 jaar in die pyplyn.

Die skool beplan om die projek teen Mei 2026 te voltooi. Die baan sal agter die rugby pawiljoene gebou word, wat Mooivallei  in ‘n meer diverse sportgronde gaan verander.

Martin Marx steek die eerste graaf in die grond van Gimmie sse nuwe Astro

“Hier sal uitnemende hokkie gespeel word; met karakter, toewyding en trots, ’n plek waar Potch se mense saamkom, en waar ons jong spelers sal groei tot nasionale en internasionale sterre. Dankie aan elkeen wat deel is van hierdie storie. Die beste lê nog voor,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button