SportSport

NWU vat Maties in Stellenbosch aan

Die NWU skrumskakel, Zack Serfontein, sal sy goeie vorm teen Maties wil voortsit.

Die NWU Eagles is Maandag (23 Maart) in die Kaapse wynland vir ‘n kragmeting teen Maties in Stellenbosch by die Danie Craven-stadion.

Die NWU is tans in die eerste plek op die punteleer nadat hulle verlede week vir Tukkies met 30-22 in Potchefstroom geklop het. Maties is tans derde op die punteleer met 16 punte.

Ezekiel Ngobeni, die skrumskakel en kaptein van Maties sal sy span teen die NWU lei. Hy is een van die gevaarmanne tesame met die senter, CJ Marx sowel as die stut, Janlu Basson, wat ‘n goeie seisoen beleef.

Die stryd van die skrumskakels. Zack Serfontein (NWU) en Ezekiel Ngobeni gaan vir een van die top kragmetings in Stellenbosch sorg. Foto’s: Tian du Preez en Luigi Bennett/Asem Engage

Die NWU skrumskakel, Zack Serfontein, sal sy goeie vorm teen Maties wil voortsit. So ook die lostrio van Tian van Zyl, Ricardo Fourie en Guhan du Bois, wie uitstekend teen Tukkies was.

NWU kaptein, Stephan Krugel is ook terug na hy van ‘n besering herstel het.

NWU hoofafrigter, Burger van der Westhuizen beaam dat die wedstryd op die veld nie net taai gaan wees nie, maar dat logistieke faktore ook goeie beplanning sal verg.

“Ons gaan alles moet verbeter vir die wedstryd teen Maties. Om daar by Maties te speel is ‘n voorreg, maar dis taai. Dit is twee en ‘n half ure lughawe toe reis sowel as die vlug Sondag. Ons span bly ook 30 minute van die stadion af.”

Na die wedstryd teen Maties vlieg die NWU Eagles weer terug Potch toe vir hul laaste wedstryd van die groepfase teen Ikeys op 30 Maart.

“Ons sal baie slim beplan oor hoe ons die volgende twee weke gaan benader.”

Die wedstryd teen Maties skop om 19:00 in Stellenbosch af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button