SportSport

Volkies se hokkiedogters bring silwer terug na Potch

Volkies se eerste dogtershokkiespan speel vanjaar puik hokkie. Hul het dit die afgelope naweek by Menlopark bewys.

Volkies se eerste dogtershokkiespan het ‘n puik silwermedalje tydens die onlangse Fairtree Sportfees by Hoërskool Menlopark behaal.

Volkies het met 2-3 teen Menlopark in die eindstryd verloor, nadat hulle ‘n uitstekende reeks vertonings ingesit het. Dit sluit in ‘n 5-0 oorwinning teen Ben Vorster van Tzaneen en ‘n 2-0 oorwinning teen Hoërskool Zwartkop met 8-sekonde strafdoele.

“Ons was 2-0 agter in die eindstryd teen Menlo en het toe teruggeveg na 2-1. Menlo het dit 3-1 gemaak, en ons het met ses minute oor dit na 3-2 gekry, maar ons kon net nie die ekstra doel kry nie,” het Volkies se hokkiedirekteur, Jarryd Hammond, genoem.

Volkies se dogtershokkiespan gaan nou eerskomende Vrydag, 1 Mei in die NWU Prestigereeks vir goud kompeteer wanneer hulle teen Hoërskool Pietersburg op die NWU Astro te staan kom.

Uitslae vir Volkies se eerste dogtershokkiespan

  • Verloor 2-3 teen Dr Malan
  • Wen 5-0 teen Ben Vorster
  • Wen 3-1 teen Ermelo
  • Halfeindstryd: Wen 3-1 teen Zwartkop (8-sekonde strafdoele)
  • Finaal: Verloor 2-3 teen Menlopark

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button