Ten spyte van ‘n 41-28 verloor in die NWU Prestigereeks kan Potch Volkies se eerste netbalspan trots weer op ‘n silwermedalje in hierdie kompetisie.
Volkies se netbaldogters het hard geveg in die eindstryd teen die dogters van Alberton hierdie afgelope Vrydag, 1 Mei op die NWU netbalbane.

Hul kon wel net nie genoeg momentum bou om hul geleenthede voluit in punte te omskep nie, weens goeie verdediging van hul opponente.
Volkies sal nou hul aandag skuif na die Noordwesliga en ‘n opkomende kragmeting teen Gimmies in die Classic Clash oor minder as drie weke op 22 Mei, wat ‘n grote op hul tuisbaan sal wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



