SportSport

Volkies se o15A-netbalspan eindig sesde in Suid-Afrika

Vir Volkies is dit 'n puik prestasie om die enigste Noordwesskool in die top 10 te wees.

Volkies Potch se o15A netbalspan het alles op die baan gelos om sesde in Suid-Afrika te eindig na afloop van die o15 Kay Motsepe SA Netbalkampioenskappe wat by Matango Lodge naby Cullinan vanaf 13-15 Augustus plaasgevind het.

Volkies het hul alles gegee en op die einde van die dag ‘n welverdiende plek in die top 10 behaal. Affies Meisies is eerste, Helpmekaar-Kollege tweede en Oranje Hoër Meisies in die derde plek.

Vir Volkies is dit ‘n puik prestasie om die enigste Noordwesskool in die top 10 te wees. RHS is volgende in die 12de algehele plek by die o15’s.

Ohna Kasselman is die hoofafrigter van hierdie gedugte Volkie-span wat vanjaar ook as Noordweswenner gekroon is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button