SportSport

Volkies se krieketspanne pleeg kuikenmood teen Lichtenburg

Volkies se eerste krieketspan het met 'n ongelooflike 438-lopies teen Lichtenburg in die Noordwesliga gewen nadat hul 515/5 in 50 beurte aangeteken het.

Om meer as 500 lopies in ‘n 50-beurt wedstryd te slaan is nie kinderspeletjies nie, maar Volkies se eerste krieketspan het bewys dat hul ‘n paar stappe voor Hoërskool Lichtenburg is toe hul die Noordwesliga met ‘n kolfbeurt van 515/5 in ‘n wegwedstryd begin het.

Volkies het toe vir Lichtenburg vir slegs 77 almal uitgeboul. Sodoende behaal die Potchefstromers ‘n briljante 438 lopie-oorwinning.

Juan van Niekerk het 110 aangeteken met Daniel Jacobs (92), AW van der Merwe (88), Schalk Pienaar (69) en Andries Venter (55) wat almal goeie beurte gespeel het.

Op die boulfront het Van der Merwe en Johandré Jacobs se draaiballe amok gemaak. Albei het vyf paaltjies elk ingesamel.

Volkies se o15A-span het Lichtenburg vir slegs 26 uitgeboul.

Volkies se o15A-span het ook vir ‘n oortuigende 10-paaltjie oorwinning gesorg nadat hul Lichtenburg se o15A’s vir slegs 26 uitgeboul het. Moses Kgokong en Juhan Nortje neem albei drie paaltjies.

Volkies is volgende teen KHS in aksie op Saterdag, 29 Augustus. Die eerstespan speel tuis met die o15’s wat weg speel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button