SportSport

NWU vlieg op Arendsvlerke met een punt sege teen Tukkies

Twee oud-Volkies, Amanda Mynhardt (Tukkies) en Elsunet du Plessis (NWU) se Varsity Netbalspanne het mekaar vanaand aangevat en vir uitstekende netbal gesorg.

Die NWU en Tukkies het vanaand (Maandag, 24 Augustus) ’n netbalskouspel in Stellenbosch opgedis wat sover die wedstryd van die eerste naweek is.

Die NWU het hierdie wedstryd met 60-59 gewen om ná twee wedstryde boaan die punteleer te sit.

Die vroue in pers het alles ingesit en gewys dat hulle daardie ekstra een persent het om taai wedstryde te wen – al het Tuks, onder die afrigting van oud-Volkie en Springbok, Amanda Mynhardt, die Potchefstromers laat sweet. Die NWU hoofafrigter, Elsunet du Plessis, is ook ‘n oud-Volkie.

Sake was met 31-31 gelyk teen rustyd, maar die NWU het sterk gestaan en die kritieke oomblikke gewen.

Die NWU Eagles was net een stap voor Tuks en kon ‘n skrale oorwinning van 60-59 behaal. Foto: Varsity Sports

Volgens NWU-hoofafrigter, Elsunet du Plessis, het sy haar span tydens rustyd aangemoedig om gefokus te bly en die harde werk te doen.

“Ons moet balbesit hou en kort speel met beheer. Dit was ook belangrik om as ’n eenheid te werk. Ons is baie dankbaar vir die wen en die span het almal saam goeie netbal gelewer.”

Andrya Joubert, die NWU-hulpdoel, is as die speler van die wedstryd aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button