SportSport

Bergfietsryers Gaan Wild by Lekwena

Wat is beter as om die natuurskoon van Lekwena op 'n fiets te beleef. Die Gaan Wild Bergfietsren is volstoom aan die gang.

Bergfietsryers het vanoggend vroeg aangemeld by Lekwena Wildlife Estate vir die Potchefstroom Sakekamer/Pro Potch Gaan Wild Bergfietswedren wat vandag (Saterdag, 10 Oktober) plaasvind.

Die weer was vanoggend perfek vir fietsry met koel kondisies wat die opdraendes effens makliker gemaak het. Die roete het met ‘n lang opdraende begin wat die deelnemers alreeds van die staanspoor af getoets het.

Deelnemers het aan 90km, 60km, 45km en 20km wedrenne deelgeneem. Gaan Wild het die top spoedvrate gelok sowel as diegene wat net die beeldskone natuur op hul fiets met ‘n lekker rit wil beleef.

Bergfietsryers in die 60km begin hul wedren by Gaan Wild 2026. Foto: Wouter Pienaar

Hierdie wedren is deel van Noordwes Fietsry se XCM Kampioenskappe. Sondag (11 Oktober) vind die trail run plaas.

Volle uitslae sal gedeel word sodra dit beskikbaar gestel word.

Kyk meer foto’s hier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button