Die Luiperds het hul arsenaal vir die 2027-rugbyseisoen versterk met 15 nuwe gekontrakteerde spelers wat volgende jaar vir die manne in donkergroen en rooi gaan uitdraf.
Van die spelers het al voorheen Luiperds-truie aangetrek, soos die skrumskakel Shirwin Cupido, wat ná ’n draai by die Griffons na die span terugkeer.
Nog ’n oud-Griffon wat noord trek, is die senter en losskakel Jandre de Beer. Die voormalige CUT-Ixias-ster is ’n goeie aanwins vir die Luiperds se afrigter, Riaan van Straten. De Beer bring ervaring en verskeie opsies in die agterlyn.


Jaydon Bantom is ook ’n voormalige Boland Kavaliers-speler wat met sy spoed probleme vir teenstanders op die vleuel kan veroorsaak.
Die voormalige NWU-flank en slot, Tiaan van Zyl, is ook deel van die groep en sal sy talent verder wil ontwikkel. Armand Willemse, seun van die voormalige Luiperds-afrigter Chaka Willemse, is ook een van die nuwe gesigte in die groep.
Luiperds se nuwe spelers:
- Armand Grobler
- Armand Willemse
- Carlton Bannies
- Diego Swartz
- Ezrick Alexander
- Francois Bester
- Heinrich Grobler
- Jandre de Beer
- Jaydon Bantom
- JP Britz
- Junior van Wyngaard
- Lamla Nunu
- Shirwin Cupido
- Tiaan Jonker
- Tiaan van Zyl



