Hoër Volkskool Potchefstroom se krieketspanne het hul trofeesukses verlede week tydens ’n jaareindfunksie behoorlik gevier.
Volkies het ’n roemryke jaar beleef waartydens hul o14A-, o15A-, eerste- en tweedespanne as Noordweskampioene aangewys is.
Verder het die eerste span ook die SA20 Fase 1-trofee ingepalm, terwyl die tweede span as wenners van die ITEC Kalahari-toernooi uit die stryd getree het. Hier het hul teen ander skole se eerste spanne kompeteer.
Onder die leiding van krieketdirekteur en eerste spanafrigter, Wynand Schmitt, en sy afrigters Pieter Wiid en Cobus en David Crowther is hierdie vier ‘n gerekende span.

Lees die vorige berigte hier:
Volkies se eerste span het ook hul tradisionele teenstanders, Potchefstroom Gimnasium, vier keer geklop.
Volkies skryf die sukses onder meer toe aan die afrigters se tyd en betrokkenheid by die ontwikkeling van elke speler, met die doel om hulle te ondersteun en te help om hul volle potensiaal te bereik.



