Sport
Luiperds lek wonde na verloor teen Valke
Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, het aan die begin van die veldtog gesê dat hulle die SA beker as voorbereiding sien.

Die Luiperds het Saterdag, 11 Mei, ‘n groot terugslag in hulle SA Beker veldtog beleef.
Dit nadat hulle 50 -19 teen die Valke in Kempton Park verloor het. Die Valke het agt drieë gedruk, in ‘n skitterende vertoning van sjampanje-rugby.
Dit sal nou weer terug na die beplanningsbord toe wees vir Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, se troepe wat komende naweek die George toe reis om die SWD aan te vat. Die SWD het in hulle vorige wedstryd wat hulle teen die Griekwas verloor het, 50 punte aangeteken.
Die Luiperds is tans tweede van onder af op die SA beker punteleer. Proudfoot, het aan die begin van die veldtog gesê dat hulle die SA beker as voorbereiding sien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.