Local newsSport

Arende gaan vanaand op tuisbodem sake reg stel

Die wedstryd skop om 19:00 op die Fanie du Toit af, en kan ook regstreeks op Supersport gekyk word. 

Die NWU gaan vanaand, 24 Februarie, die Maties van Stellenbosch na die Fanie du Toit verwelkom.

Die Arende sal nog bietjie pyn ervaar na hulle nederlaag teen Ikeys verlede week, maar sal vol vertroue wees om dinge die week reg te stel.

Maties het in die eerste rondte naelskraap teen die verdedigende kampioene, Shimlas, koning gekraai. Die manne van Stellenbosch het gewys dat hulle ‘n krag in vanjaar se kompetisie behoort te wees.

Die NWU se eerste rondte het nie na hulle kant toe gegaan nie, maar die weer en die onderbreking van die wedstryd was buite hulle beheer. Die Potchefstromers is nou op tuisbodem waar hulle ondersteuners hulle sal help om die wa deur die drif te trek.

Die span wat teen Ikeys gespeel het, is onveranderd vir die kragmeting met Maties.

Die wedstryd skop om 19:00 op die Fanie du Toit af, en kan ook regstreeks op Supersport gekyk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button