Local news

Beurtkrag trap SA onverwags vas

Beurtkrag is na ongeveer 20 dae weer ingestel.

Beurtkrag wat die naweek weer sonder waarskuwing ingestel is, het SA ontkant gevang. Alhoewel beurtkrag ‘n paar weke gelede, na amper ‘n jaar weer ingestel en net so vinnig weer opgeskort is, was inwoners nie die naweek voorberei nie.

Eskom het Sondag in die vroeë oggendure (23 Februarie) fase 6-beurtkrag aangekondig.

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het die media ingelig en gesê dat die terugkeer na fase 6-beurtkrag “buitengewone omstandighede” weerspieël en in die konteks van ‘n verlengde tydperk met ‘n ononderbroke energietoevoer oorweeg moet word.

“Die vlak van teleurstelling word goed verstaan, veral omdat ons op die regte pad was om beurtkrag uit te roei,” het hy gesê.

Hy het namens die administrasie om verskoning gevra vir die terugslag.

Ramokgopa het verduidelik dat verskeie kwessies Eskom almal vinnig opeenvolgend getref het, wat tot fase 6-beurtkrag gelei het.

Beurtkrag is vanoggend na fase 4 verlaag.

Dit beteken Potchefstroom se krag behoort vandag, Maandag 24 Februarie, 16:00 – 18:30 af te wees.

As dit steeds die geval is teen 25 Februarie, sal die krag 06:00 – 08:30, 14:00 -16:30 en 22:00 – 00:30 af wees.

Hou die Herald se webtuiste dop vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button