Local newsSport

Arende byt vas vir oorwinning in Goudstad

Die NWU se volgende wedstryd is tuis teen die Shimlas op 10 Maart wat weer 'n bietjie 'Intervarsity' gees in die stad sal  inspuit. 

Die NWU Arende het gisteraand, 3 Maart, hulle dominante pak voorspelers gebruik om ‘n  34 – 39 wen teen Wits te bewerkstellig.

Die Potchefstromers het in die vaste fasette oorheers en kon ses drieë in Johannesburg inpalm.

Dit was gewis nie maklik vir die Arende om op ‘n nat aand Wits op hulle tuisveld te klop nie. Alhoewel die Arende ‘n bonuspunt in die wedstryd gekry het, het hulle baie punte op die veld gelos. Dit het gelyk of die Potchefstromers op die aand hulle eie vyande was met ‘n paar aangee wat nie hande toe gaan in die finale kwart nie of strafskoppe wat in die kwartgebied afgestaan word. Die voorloper in die wedstryd het deurlopend tussen NWU en Wits geruil.

Die Arende het min keer pale toe gekorrel, terwyl die Wits hulle strafskop kanse in drie punte omskep het. Die Potchefstromers het liewer op hulle skrums en rolmaal staat gemaak. Iets wat veral in die tweede helfte baie goed vir hulle gewerk het.

Volgens Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die Arende, is hy dankbaar en bly vir die punte.

“Die reën is ‘n gelykmaker. Ons het voor gedomineer maar agter was dit moeilik. Die bal was sopnat en glad. Ons dissipline moet verbeter,” het van der Westhuizen gesê.

Die NWU se volgende wedstryd is tuis teen die Shimlas op 10 Maart wat weer ‘n bietjie ‘Intervarsity’ gees in die stad sal  inspuit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button