Volkies buig die knie in sopnat weer
Die Potchefstromers verwelkom Heidelberg Volkskool komende naweek in die volgende rondte van die NWU reeks.
Volkies het die afgelope naweek hulle NWU reeks veldtog teen Pietersburg afgeskop.
Dit was nie die begin wat die Potchefstromers wou gehad het nie, maar sal baie positiewe uit die wedstryd vat. Volkies moes 6-13 buig, in ‘n wedstryd waar die weer ‘n groot gelykmaker was.
Volkies het groot gedeeltes van die wedstryd beheer na hulle 3-0 voor gegaan het.
“Dit was maar morsig in die reën, baie balle wat aangeslaan word. Ek dink dit het neer gekom op bietjie van die ‘bounce of the ball’. Een of twee goed het die wedstryd bepaal. Dit was ‘n taai wedstryd, Pietersdburg was goed maar vir ‘n eerste wedstryd sal ons dit vat en nou nog harder werk,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV gesê.
Die Potchefstromers verwelkom Heidelberg Volkskool komende naweek in die volgende rondte van die NWU reeks. Heideberg het naelskraap (14-12) teen Bergsig gewen. In beter toestande sal die POtchefstromers hulle volle potensiaal teen die manne van Heidelberg kan wys.



