Wollies domineer Schoonies in NWU reeks
Komende naweek gaan Schoonspruit vir Fochville op tuisbodem aandurf terwyl Wollies vir Vryburg na Wolmaransstad verwelkom.

Wollies het die afgelope naweek, vir Schoonspruit van Klerksdorp behoorlik laat les opsê.
Die 1ste Xv van Wolmaransstad, het hulle NWU reeks kragmeting met 45-0 gewen. Die ander spanne het ook groot tellings teen Schoonspruit opgesit, behalwe die o.14 span.
Volgens Arno van Loggerenberg, rugby organiseerder by Wollies, is daar nog werk by die juniors maar hy is oortuig dat hulle sal beter word soos die seisoen vorder.
Tiaan du Preez, rugby organiseerder van Schoonspruit, is dit eens dat met net drie matrieks in hulle jong 1ste XV dit maar altyd moeilik teen Wollies sou wees.
“Die 1ste XV het baie potentiaal, ek dink soos die seisoen gaan aanhou gaan die seuns groot skade maak,” het du Preez gesê.
Komende naweek gaan Schoonspruit vir Fochville op tuisbodem aandurf terwyl Wollies vir Vryburg na Wolmaransstad verwelkom.



