Local newsSport

Luiperds skop SA beker met taai stryd af

Die wedstryd skop 8 Maart om 15:00 op Olënpark af. Toegang is gratis. 

Die Luiperds skop hulle Sa Beker veldtog, Saterdag, 8Maart, op tuisbodem teen Griekwas af.

Die Luiperds het verlede jaar ‘n moeilike begin in dié kompetisie gehad, maar soos die toernooi aangegaan het, kon hoofafrigter, Matt Proudfoot goeie verbetering sien.

Verlede jaar se 88 – 0 telling vir die Griekwas sal nog vlak in die Luiperds se geheue lê. Gelukkig is die Luiperds vanjaar in die Hoenderhok, waar spanne weet, dinge raak taai. Die Luiperds het verlede jaar in die SA beker drie wedstryde gewen maar sal alles in die stryd werp om hierdie seisoen beter te vaar.

Volgens Proudfoot, sien hy uit na die begin van die kompetisie.

“Ons verwag om baie kompeterend te wees,” het hy gesê.

Die wedstryd skop 8 Maart om 15:00 op Olënpark af. Toegang is gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button