SportSport

Schoonies positief vir NWU reeks kragmeting

Albei die spanne van Schoonspruit en Fochville sal 'n punt wil bewys. 

Hoërskool Schoonspruit van Klerksdorp gaan komende naweek op tuisbodem teen Fochville in hulle NWU reeks bepaling kragte meet.

Na Schoonies, se teleurstelling in moeilike, sopnat weer, teen Wollies is die Klerksdorpers positief om vir die naweek se wedstryde dinge om te draai.

“Die eerste wedstryd se jitters is uit die pad uit, die afrigters het gesien waar is hulle sterk punte en waar is hulle swak punte,  ons hoop dit gaan goeie klipharde rugby wees. Ek hoop ook die weer werk saam en ons het nie weer swemrugby nie,” het Tiaan du Preez, Schoonspruit se rugby organiseerder gesê.

Fochville het self ‘n stel teen Vryburg met hulle eerste wedstryd van die toernooi afgetrap. Die manne van Fochville moes die knieg 39 – 9 buig.

Albei die spanne van Schoonspruit en Fochville sal ‘n punt wil bewys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button