Local newsSport

Gimmies klop Wagpos op ‘n drafstap

Gimmies speel hulle volgende wedstryd Woensdag, 12 Maart in Klerksdorp teen Wesvalia.

Gimmies het die afgelope naweek, hulle NWU reeks veldtog behoorlik afgeskop.

Die Potchefstromers het teen Wagpos van Brits te staan gekom en die toets met lof geslaag. Gimmies se 1ste XV het ses drieë ingeryg om Wagpos met 38 – 12 te klop.

Wagpos sou graag wou dinge regstel na ‘n groot loesing wat hulle van Die Anker ontvang het, maar die Gimmies manne het by hulle strukture gehou om die oorwinning te behaal.

“Die wedstryd was fisies en vinnig en ons het goed gehou teen die pas van die wedstryd. Dit was ’n spanpoging en lekker om te sien hoe hulle by die plan gehou het en dit uitgevoer het,” het Regardt Kleingeld, Direkteur van Rugby by Gimmies, gesê.

Volgens hom was daar maar eerste wedstryd probleme wat ingekruip het.

“Ons kan nog verbeter en die seisoen is nog lank. ’n Mens is nooit volmaak nie en moet altyd streef na uitnemendheid. Ek is baie bly oor die uitslag maar weet dat daar twee groot wedstryde wag en ons vat dit wedstryd vir wedstryd,” het hy gesê.

Gimmies speel hulle volgende wedstryd Woensdag, 12 Maart in Klerksdorp teen Wesvalia, wat ‘n naelskraap oorwinning teen Die Anker oor die naweek behaal het.

Volgens Willem van der Sandt, Direkteur van Rugby by Wesvalia, gaan die Klerksdorpers nie vir Gimmies ligtelik opneem nie.

“Ons het gelukkig goed gevaar en sonder ernstige beserings van ‘n baie fisiese stryd teen die Anker uitgetree. Gimmies is ‘n nuwe uitdaging,” het Van der Sandt gesê.

Die wedstryd skop om 18:30 op Wesvalia se velde af.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button