Dutchie terug vir Luiperds teen Valke
Die Luiperds het net twee veranderinge – en ‘n posisionele verandering – aan hul beginspan aangebring wat Saterdag in die Barnardstadion in Kemptonpark teen die Valke te staan kom. Die flank HP Swart, wie verlede week ‘n driekuns teen die Griffons aangeteken het, word geroteer en begin van die bank af met Loftus Morrison wat …
Die Luiperds het net twee veranderinge – en ‘n posisionele verandering – aan hul beginspan aangebring wat Saterdag in die Barnardstadion in Kemptonpark teen die Valke te staan kom.
Die flank HP Swart, wie verlede week ‘n driekuns teen die Griffons aangeteken het, word geroteer en begin van die bank af met Loftus Morrison wat van slot af na die kant van die skrum skuif.
Die staatmaker Francois “Dutchie” Robertse – die mees ervare Luiperd in die beginspan – is terug in die agttal as Walt Steenkamp se slotmaat.
Die leenspeler van die Sharks, Sandile Khubeka, is op regtervleuel in die beseerde Rowayne Beukman se plek ingesluit.
Daar is ook veranderinge op die bank waar Lucky Ngcamu in Bart le Roux se plek ingesluit is terwyl Danie Jordaan die beseerde Marno Redelinghuys vervang.
Luiperds teen Valke (Getal wedstryde vir Luiperds gespeel): Jaco Hayward (19); Sandile Khubeka, Juffrou Vermeulen (24), Johan Deysel (24), Bradley Moolman (16); Gene Willemse (16), Chriswil September (20); Jeandré Rudolph © (13), Loftus Morrison (27), Jaco Jordaan (25), Walt Steenkamp (20), Dutchie Robertse (33), Panda Dekker (2), Dane van der Westhuyzen (30), Roan Grobbelaar (12). Reserwes: Louis van der Westhuizen (8), Lucky Ngcamu (14), Danie Jordaan (25), HP Swart (43), Malherbe Swart (37), Johnny Welthagen (7), Ryno Wepener (6).



