Plaaslike veerpyltjiespelers beindruk by proewe
Die finale proewe van die Matlosana Veerpyltjie Assosiasie en die Dr Kenneth Kaunda distrikspanne is op Saterdag 25 Februarie gehou. Die spelers wat by die proewe beïndruk het, gaan nou aan die nasionale kampioenskappe deelneem wat vanaf 10 tot 14 Julie in Durban plaasvind. Die spanne van die Matlosana Veerpyltjie Assosiasie moet aan die Noordwes …
Die finale proewe van die Matlosana Veerpyltjie Assosiasie en die Dr Kenneth Kaunda distrikspanne is op Saterdag 25 Februarie gehou.
Die spelers wat by die proewe beïndruk het, gaan nou aan die nasionale kampioenskappe deelneem wat vanaf 10 tot 14 Julie in Durban plaasvind.
Die spanne van die Matlosana Veerpyltjie Assosiasie moet aan die Noordwes proewe deelneem, waartydens die Noordwesspan vir die nasionale kampioenskappe gekies sal word. Daar word by die nasionale kampioenskappe op provinsiale-, distriks- en assosiasie-vlak deelgeneem.
Die volgende klubs speel onder die Matlosana Assosiasie: Klerksdorp Rhinos, Stilfontein, Vaal Reefs, Potch Gooiers en Vryburg Texas.







