Ode aan liefdesverhouding tussen Jonker en Brink

Wen nou met Korreltjie Kantel - Lees meer

Iluminar Productions, in samewerking met Concerts SA bied die nasionale CD bekendstellinsgtoer van Korreltjie Kantel aan. Korreltjie Kantel, ‘n RSG Kunstefees kommissie, is ‘n Afrikaanse musiekproduksie geïnspireer deur die liefdesverhouding en werke van digteres Ingrid Jonker en skrywer André P Brink. Op 19 Mei gaan Luna Paige en Jamie Jupiter by die Cachet Teater optree en uittreksels uit die Korreltjie Kantel vertoning bied.

Drie onverwagse en uiteenlopende musikante – Luna Paige, Jamie Jupiter en Nick Turner – kom bymekaar om die gedigte van Ingrid Jonker te interpreteer en komponeer. Die toonsettings word verweef met dramatiese en musikale interpretasies van die liefdesbriewe wat tussen Brink en Jonker gewissel het, soos gepubliseer in Vlam in die Sneeu (2015). ‘n Roerende en intieme weergawe van verlange, verbode vrugte, vernietiging en die vreesloose verrukking van die liefde.

Na ‘n suksesvolle debuut op die RSG Kunstefees 2015 en daaropvolgende verhoogproduksies by Woordfees en KKNK (2016), ‘n paar veranderinge en skaafwerk, word die aangrypende musikale interpretasie van die liefdesverhouding tussen die twee skrywers in die 60’s uiteindellik op CD bekendgestel. Die bekendstelling gaan hand aan hand met ‘n nasionale toer. Leier en vervaardiger van die vertoning, Luna Paige sê: “Die materiaal waarmee ons werk in die vertoning herrinner ons almal aan hoe kragtig die liefde kan wees…en dat liefde geen grense ken nie”.

Luna Paige het haar debuut in die musiek industrie gemaak tydens haar deelname aan die saamgestelde CD, Eve: Women in the Garden of Song. Hier het sy saam met vier ander vroue opgetree (onder andere Lesley Rae-Dowling en Laurinda Hofmeyr).  Sy tree gereeld by gewilde kunste- en musiekfeeste sowel as teaters dwarsoor die land op.

Nick Turner was een van die sleutelfigure (liedjieskrywer en sanger) in die gewilde 90’s orkes, Sons of Trout. Hierdie orkes het groot aftrek geniet in hulle tyd en het veral opgetree by SA se top rockfeeste. Nick was ook deel van die orkes Mikanic, saam met kollega, Mike Renny.

 

Gedurende die 90’s, het Jamie Jupiter lid gevorm van die glam-rock sensasie – The Honeymoon Suites. Vandag is Jamie ‘n solo kunstenaar en veral bekend as uitmuntende eenman orkes wat gehore fassineer met die indrukwekkende verskeidenheid van instrumente wat hy bespeel.

 

Concerts SA werk saam met die Noorweegse Ministerie van Buitelandse Sake en die SAMRO Foundation. Hulle ondersteun musikante, promotors en musiek venues dwarsoor Suid-Afrika, veral in landelike gebiede, waar toegang tot teaters en musiekvertonings beperk is.

Bespreek jou kaartjie vir Korreltjie Kantel in Potchefstroom hier .

 

Een gelukkige wenner staan die kans om ‘n Korreltjie Kantel CD te wen deur hierdie berig op Facebook te “Share” en die Potchefstroom Herald se Facebook blad te “Like”. ‘n Wenner sal op Vrydag 19 Mei aangekondig word op die Herald se Facebook blad, so maak seker jy hou ons blad dop.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button