Besoek Agriworks Ekspo by Trimpark

Boere en die algemene publiek word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Donderdag 26 Julie tot Saterdag 28 Julie by die Trimpark vir die Agriworks Expo.

Die jaarlikse Agriworks Landbou Ekspo word vanaf Donderdag 26 Julie tot Saterdag 28 Julie by die Trimpark agter MooiRivier Mall aangebied.
Boere en die algemene publiek word hartlik uitgenooi om dit by te woon.
Die uitstallings fokus op die boer en sluit die nuutste landbou implemente, produkte en dienste in.
Daar is ook ’n uitstalling van die Departement READ. Die items wat uitgestal word, sluit onder meer trekkers, werktuie, sleepwaens, plaas sekuriteit, tegnologie vir presisie boerdery en die nuutste navorsing in.
Daar is ook heelwat uitstallings wat sal aanklank vind by die algemene publiek. Op Saterdag 28 Julie is daar ’n gemeenskapsmark met interessante handwerkitems, asook ’n opvoedkundige slagvertoning om 12:00. Almal word genooi om die feestelike atmosfeer te kom geniet.
Plaaslike kunstenaars gaan mooi musiek verskaf, daar is interessante uitstallings en heerlike eet- en drinkgoed wat te koop sal wees.
Toegang is R20 vir volwassenes en kinders onder 18 kry gratis toegang. Veilige gratis parkering word verskaf oorkant die terrein in Retiefstraat.
* Vir nadere besonderhede besoek gerus www.agriworks.co.za of kontak die organiseerders by (021) 854 4700.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button