Gimmies wys Garsfontein wie is baas op die krieketveld
Potchefstroom Gimnasium se eerstespan berei hulself goed voor vir die komende krieketseisoen met nog ‘n puik oorwinning die afgelope naweek. Gimmies het in ‘n 50-beurt wedstryd teen Hoërskool Garsfontein ‘n gemaklike 5-paaltjie oorwinning op die Gimmie-Oval behaal. Marco Jansen neem 5/16 om sy span op die voorvoet te plaas. Simphiwe Mkwanazi en Frans Kruger neem …

Potchefstroom Gimnasium se eerstespan berei hulself goed voor vir die komende krieketseisoen met nog ‘n puik oorwinning die afgelope naweek. Gimmies het in ‘n 50-beurt wedstryd teen Hoërskool Garsfontein ‘n gemaklike 5-paaltjie oorwinning op die Gimmie-Oval behaal.
Marco Jansen neem 5/16 om sy span op die voorvoet te plaas. Simphiwe Mkwanazi en Frans Kruger neem ook elkeen twee paaltjies. Frans Viviers se aggressiewe 48 (26) met die kolf vat Gimmies oor die lyn.
•Die o.15’s het wel met 55 lopies teen Garsies verloor. Dit ondanks Gimmies-bouler, Armand Willemse se puik 5 paaltjies vir 28 lopies. Martin Bullock teken ook 62 lopies van 34 balle aan en Daan du Toit behaal 56 lopies in die nederlaag.



