SportSport

SA Skole netbalkampioenskappe toets Potch skole

By die glansryke SA Hoërskole Netbalkampioenskappe wat vanaf 20-22 Julie by Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg gehou is, het die Potchefstroomse verteenwoordigers effens gesukkel teen die sterkste netbalskole in die land. In die o.19-afdeling het Potchefstroom Gimnasium ‘n 11de algehele plek behaal na hulle die eerste twee wedstryde teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein (17-27) en …

By die glansryke SA Hoërskole Netbalkampioenskappe wat vanaf 20-22 Julie by Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg gehou is, het die Potchefstroomse verteenwoordigers effens gesukkel teen die sterkste netbalskole in die land.
In die o.19-afdeling het Potchefstroom Gimnasium ‘n 11de algehele plek behaal na hulle die eerste twee wedstryde teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein (17-27) en Hoërskool Zwartkop van Centurion (18-26) verloor het. Gimmies het ook teen Marais Viljoen met 24-30 die knie gebuig voordat hulle Hoërskool Noordkaap met 27-11, Hoërskool Nelspruit met 29-19 en Hillcrest met 29-10 getroef het.
Gimmies kon dit ook nie regkry om Paarl Girls High te klop nie en moes met 27-15 aan die verkeerde kant van die telbord eindig.
Gimmies se o.16A-span het 8ste algeheel in dié toernooi geëindig en ‘n paar goeie oorwinnings behaal. Hulle het Tholokuhle (22-11), Paarl Girls High (14-11), Hoërskool Nico Malan (18-10) en Hoërskool Nelspruit (17-10) geklop. Hulle het ongelukkig teen Zwartkop (7-17), Eldoraigne (10-19) en Hoërskool Oranje (11-15) die onderspit gedelf.

Foto’s: Maritha van Zyl

Volkies se o.14A-span het ook ‘n goeie toernooi beleef met die jong span wat baie ervaring uit die toernooi benut het.
Hulle het ‘n goeie begin gehad toe hulle die kampioenskappe met twee oorwinnings teen Secunda (17-15) en Framesby (11-10) afgeskop het. Irene Seymore se span het toe naelskraap teen Hoërskool Pietersburg met 13-14 en KHS met 15-18 verloor om algeheel 15de te eindig.
Volkies se ander verteenwoordigers was die o.17A-span wat ‘n 11de algehele plek behaal het. Na ‘n moeilike begin teen ‘n sterk Dinamika span met ‘n 19-7 nederlaag, het Morné Smit se span met oorwinnings teen Paarl Gim (11-9), Goudveld (15-9) en Upington (15-8) gevolg. ‘n Gelykop uitslag teen Oranje Meisieskool (12-12) en nederlae teen Duineveld (6-17) en Ben Vorster (8-14) in ‘n moeilike groep het Volkies se ambisies geknak.
Potchefstroom Girls High se o.19A-span het 24ste geëindig en gewys dat hulle meer as net kanonvoer vir die sterker skole was. ‘n 15-15 gelykop uitslag teen Heuwelkruin en ‘n noue verloor teen Secunda (22-24) was twee van hierdie wedstryde waar hulle maklik twee oorwinnings kon inpalm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button