Foto’s: Kyk hoe mooi het ons matrieks gelyk
Die Herald wil graag vir almal wys hoe mooi ons matrieks met hul matriekafskeid gelyk het.
1. Matriekafskeid foto’s
Die Herald wil graag vir almal wys hoe mooi JB Marks se matrieks met hul matriekafskeid gelyk het.
• Stuur jou mooiste matriekafskeidfoto’s met jou en jou metgesel se naam en van, sowel as jul skool se naam en die naam van die fotograaf wat die foto’s geneem het, na marianke.saayman@media24.com met die onderwerp van die e-pos: Matriekafskeid
Ons sal dit van volgende week af op ons webtuiste plaas vir almal om te sien.
2. Matriekrok van die Jaar-kompetisie
Matriekmeisies kan ook vir ons Matriekrok van die Jaar-kompetisie inskryf.
Dit is wat jy moet doen om in te skryf:
• Stuur vir ons die mooiste foto’s van jouself in jou matriekafskeidrok (op die aand van jou matriekafskeid) na marianke.saayman@media24.com
• Maak die onderwerp van die e-pos: “Matriekrok2019”.
• Die e-pos moet ook jou naam, van, jou skool se naam en jou kontaknommer bevat.
• Slegs digitale foto’s in jpg-formaat sal aanvaar word – geen hardekopieë nie.
• Maak seker jou hele rok vertoon op die foto.
• Foto’s wat nie van ’n goeie gehalte is of nie al die besonderhede bevat nie, sal nie gepubliseer word nie.
• Die sluitingsdatum vir die inskrywings is Vrydag, 18 Oktober om 12:00.
• Die Herald sal dan stembriewe plaas waarmee lesers vir hul gunstelingrok kan stem.
Vir meer besonderhede skakel Marianke Saayman by die Herald by (018) 293 0750.
* NB – Die kompetisie is slegs vir matriekmeisies in skole binne die Potchefstroom Herald se verspreidingsgebied (Potchefstroom, Ventersdorp, Promosa, Ikageng, Mohadin)
Hier is solank foto’s wat ons vandag ontvang het:






















