Swemskool bied tonne pret vir jongklomp
Op Saterdag, 2 November het Dolfie Swim Joy en Pool Parties ‘n heerlike opedag aangebied. Belangstellendes het deur die loop van die dag kom inloer en het ‘n gratis swemles gekry en is agterna met ‘n partytjiepakkie bederf.

Ouers is met koffie, tee en melktert trakteer.
Dolfie Swim Joy bestaan al vir 10 jaar. Hulle bied ‘n warm binnenshuise swembad. Marieta Nell is ‘n geregistreerde swemafrigter en lewensredder. Indien ouers sou belangstel om hul kinders (babas tot 10 jaar) vir swemlesse te bring, kan hulle Marieta by 082 938 9310 kontak.
Dolfie Swim Joy gaan ook van nou af swempartjies aanbied. Mammas kan al die reëlings van ‘n partytjie in die hande van Marianne Hartman los. Hulle kan haar by 082 681 0889 skakel of ‘n e-pos na mariannehartman1604@gmail.com stuur. Sy sal dan ‘n kwotasie deurstuur.
Mammas is ook welkom om net die venue te huur en self ‘n partytjie te reël. Tydens enige partyjie is daar voltyds toesig oor die kinders in die swembad. 