Gewilde aftredekongres gaan weer in Mei aangebied word
Persone wat aftrede nader, worstel met baie vrae: Watter inkomste kan ek maandeliks verwag wanneer ek aftree? Indien ek nie voldoende voorsiening gemaak het nie, wat kan ek doen?

Persone wat aftrede nader, worstel met baie vrae: Watter inkomste kan ek maandeliks verwag wanneer ek aftree? Indien ek nie voldoende voorsiening gemaak het nie, wat kan ek doen? Het ek ‘n volledige aftreeplan sodat ek presies weet wat vir my wag? Aan watter nie-finansiële faktore behoort ek aandag te gee?
Die Jenwil aftredekongres spreek hierdie vrae aan.

Daar word dikwels na ‘n algemene reël van 4% trekking van jou kapitaal, na aftrede, verwys. Dit is ‘n goeie beginpunt, maar word beïnvloed deur jou ouderdom en die opbrengs op jou beleggings. Die laaste paar jaar se swak opbrengste op die beurs en herhaaldelike finansiële krisisse het ons geleer dat omstandighede verander en so behoort portefeuljes. Inflasie is nog ‘n groot faktor om in ag te neem.
Gegewe die verhogings in die pryse van brandstof, elektrisiteit en voedsel, is dit moontlik dat jou persoonlike inflasiesyfer ongeveer 7% is (meer as die amptelike koers). Die bestuur van jou beleggings ten einde inflasie uit te presteer is ononderhandelbaar.
Die werklikheid is dat slegs 6% van Suid-Afrikaners op dieselfde finansiële vlak as waaraan hul gewoond is, kan aftree. Die realiteit is ook dat ons langer gaan leef en ouer gaan word as ons voorgeslagte (die lewensverwagting is byna agt jaar meer as 20 jaar gelede). Hiermee saam kom die emosionele impak en fisiese gesondheid.
Die Jenwil span is baie dankbaar dat hulle hul gewilde aftredekongres weer in persoon en via Zoom op 19 Mei om 18:00 kan aanbied.
Die lys van kundige sprekers sluit ‘n sielkundige wat in aftrede spesialiseer en ‘n “retirement coach” in.
* Registreer by (018) 175 0140 of stuur ‘n e-pos na adminpotch@jenwil.co.za of besoek https://www.facebook.com/jenwilbluestarpotch.




