Betogers op Potchefstroom kampus

'n Groep Betogers het bymekaar gekom voor die Ferdinand Postma biblioteek.

https://www.youtube.com/watch?v=Dazrx2gq7m8&feature=youtu.be

‘n Groep Betogers het bymekaar gekom voor die Ferdinand Postma biblioteek. Dit volg na die NWU-PUKKE ‘n verklaring uitgereik het wat sê dat die area in en om die Studentesentrum (SS), die Kafeteria en die Draak vanaf 12:00 tydelik gesluit sal wees. Volgens die verklaring is die betogers besig met ‘n onwettige protesoptrede.

“Alle persone wat by onwettige optrede betrokke is, sal ooreenkomstig die beleid en dissiplinêre prosedures aangekla en vervolg word. Indien die protesoptrede nie vreedsaam verloop nie, gee ek julle die versekering dat ons Kampus gerat is om dit te ontlont en te bestuur. Ons is vir elke gebeurlikheid voorbereid. Daarom moet studente en personeel níé betrokke raak nie. Goed-bedoelde “hulpverlening” sal die teendeel bereik,” het Prof Fika Janse van Rensburg deur middel van die verklaring gesê.

Op die stadium lyk die betogers nog redelik vreedsaam. Reform PUK, het die protes gereël saam met werknemers van diensverskaffers met die die NWU ‘n kontrak het.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button