Agt Rappies haal Wes Klinieke-rugbyspan
Agt rugbyspelers van Laerskool Rapportryer het die Wes Klinieke-rugbyspan in hul onderskeie ouderdomsgroepe gehaal.
Rappies kan met trots sê dat agt van hul rugbyspelers in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die Wes Klinieke-rugbyspan van 2017 ingesluit is.
Die seuns het reeds aan verskeie wedstryde deelgeneem en dit was ‘n groot ervaring en eer vir hulle om die skool se naam hoog te hou.

“Rappies wil elkeen hartlik bedank en sterkte toewens met hul rugbyloopbaan vorentoe!” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.
Baie geluk aan die volgende seuns:
• o.11: Xander Wray, JD Landsberg, Johan Collins en Willie Steenkamp
• o.12: Tristan Smith en Dillen Stolz
• o.13: Rocco Oosthuizen en Freddie Friggens
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



