Letters
BRIEF: Inwoner wens haar man ‘n gelukkige Vadersdag
Inwoner wens haar man en pa van haar drie kinders 'n gelukkige Vadersdag.
• Linda van Rooyen skryf:
Ek, Linda van Rooyen en die kinders, Eric, Amoré en Léan wil graag vir Freddie van Rooyen (man en pa) ‘n geseënde Vadersdag toewens.
Ek as jou vrou wil graag vir jou dankie sê vir al jou liefde en bystand.
Ons wil ook dankie sê vir al jou opofferings, geduld en liefde. Enige man kan ‘n pa word maar dit verg ‘n spesiale persoon om ‘n pappa te wees.
Jy is ons grootste trots! Met soveel wat op ons harte lê wil ons net dankie sê vir ‘n wonderlike pa soos jy.
Gelukkige Vadersdag!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



