Letters

BRIEF: Kom ons staan eerder saam!

Inwoner Frans le Grange skryf 'n brief oor die Randfontein Gemeenskapforum se impak op die gemeenskap.

• Frans le Grange skryf:

Aan al ons Randfontein inwoners.

Ek was betrokke by die stigting van die Randfontein Gemeenskapforum. Die doel is om al ons probleme te probeer oplos: Krag, water, riool en diens by die Rand West Plaaslike Stadsraad.

Ons bestaan uit goed gevorderde professionele sakelui met besighede in Randfontein, ‘n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, tesourier met ‘n sterk regspan.

Reeds ná al die kragprobleme wat vir twee weke aangehou het, het ons toestemming van die hof en stadsraad gekry vir ’n optog van Tambotie Mall na die stadsraad. Ons wag nog vir die datum.

Ek is teleurgesteld deur van ons inwoners wat hulself nie kan gedra nie en wrede en vloekwoorde gebruik teenoor die mense wat in die direksie dien.

Weet jy dat hulle dit in hul privaat tyd doen, sonder enige koste?

Hoekom nie betrokke raak nie? Gee jou tyd, betrokkenheid en help ons om die doelwit te bereik om krag-, water- en riooldienste weer aan die werk te kry.

Die oplossing is om saam te staan! Moenie neerhalend teenoor positiewe mense wees nie. Ongelukkig het ek besluit om nie meer my tyd vir negatiewe mense op te offer nie. Ek het besluit om die WhatsApp-groep te verlaat.

Ek sal steeds my bes doen en help waar ek kan om ons krag-, water- en rioolprobleme op te los.

Wees positief, nooit negatief nie. Betrek eerder as om ontwrigtend te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button