Letters

OPINIE: Staatsrede: Hoera Suid-Afrika, kom ons wees positief!

Inwoner Frans le Grange skryf oor hoe positief hy is na President Cyril Ramaphosa se staatsrede.

• Frans le Grange het geskryf:

Hoera! Hoera, Suid-Afrika!

Die parlement is geopen en daar is R900 000 000 om die infrastruktuur in Suid-Afrika te herstel. Dit sluit riool, water, krag en brûe in. Dit is volgens die president.

Wie sal geld kry? Ek hoop die Rand Wes Plaaslike Stadsraad sal iets vind.

Die Openbare Deelnameproses kan ook moontlik betrokke raak as daar ‘n bedrag van die R900 miljoen oor is. Die stadsraad kan dan oor Noordweg plavei en die Robinson-brug laat herstel. Ook die tweeslaapkamerwoonstelle wat die regering laat bou het, wat ongelukkig nie klaar is nie.

Die treine ry van tyd tot tyd op ‘n oefenrit deur Randfontein.

Kom ons wees positief!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button