Letters

BRIEF: Help ons in Merwestraat, asseblief!

Inwoner van Klein Elandsvlei skryf oor haar frustrasie van padtoestande, slaggate en straatligte.

• Elaine Fritz skryf:

Ek is woonagtig op ‘n plot in Merwestraat, Klein Elandsvlei.

Ons woon hier sedert 2005 en nog nooit was hier al padverbeteringe of straatligte gedoen of opgebring om ons lewensomstandighede te help verbeter nie! Ja, daar word wel heeltyd baie dienste gelewer in en om die plakkerskamp hier naby ons huis, maar dis sover dienslewering gegee word in Merwestraat.

• Lees ook: Concerns about Merwe Road

Merwestraat het nou ‘n punt van onbegaanbaarheid bereik en benodig dringende herstelwerk. Die pad wat veronderstel is om ‘n teerpad te wees, is nou net modder en groot gate. Al die motors ry nou al teenaan ‘n elektriese omheining wat gevaarlik is of op die mense se sypaadjies.

Om dinge te vererger het jy nou en dan wielskade. Ons probeer ‘n besigheid begin, maar hoe kry jy potensiële kliente om in daai pad te ry? Die pad is ook pikdonker, dit het in die onderkant straatligte maar niks hier by die bokant waar ons woon nie.

Asseblief. Ons nodig iemand om te kan help. Dis nie iets wat net weggewys kan word nie, help asseblief!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button