Kunsskool vereer hul studente
Kunsstudente van Cum Laude Kunsskool, ontvang erkenning vir hul puik werk gedurende die jaar tydens 'n intieme prysuitdeling.
Die kunsstudente van Cum Laude Kunsskool het op 30 November tydens ‘n intieme prysuitdeling by die skool, erkenning vir hul harde werk gedurende die jaar gekry.
Volgens die eienaar van Cum Laude Kunsskool, Magriet Botha, het die kunsstudente vanjaar baie hard gewerk en baie nuwe tegnieke aangeleer.
“Dit is vir my altyd lekker om aan die einde van ‘n jaar te kom en te sien hoe baie my studente verbeter het,” vertel Magriet.
Elke student het tydens die prysuiteling ‘n sertifikaat vir hul deelname en harde werk ontvang.
Die geleentheid is deur die studente en hul geliefdes bygewoon en was beslis ‘n reuses sukses.
Na afloop van die prysuitdeling, het al die studente hul swemklere aangetrek en in die swembad baljaar.
Vir die ouer studente was ‘n koppie tee en ‘n stuk koek en lekker geselskap ‘n welverdiende ruskans na ‘n lang jaar van harde werk.
“Ek bedank elkeen van my studente vir hul harde werk.
“Julle het die jaar vir my die moeite werd gemaak en ek sien uit daarna om volgende jaar weer saam met julle aan te pak,” vertel Magriet.
Sy vertel verder dat die kunsskool weer op 7 Januarie sal heropen.
Diegene wat by die kunsskool wil inskakel is welkom om vir Magriet by 082 465 2519 te skakel.



