Local newsNews

Modelle geniet hul prysuitdeling

Best 7 Modeling vereer hul modelle tydens 'n glans prysuitdeling.

Best 7 Modeling het op 30 November hul jaarlikse prysuitdeling by die NG kerk in Westonaria aangebied.

Dit is tydens dié geleentheid waar die modelskool se modelle vir hul harde werk en prestasies vereer is.

Volgens die eienaar van Best 7 Modeling, Erika van Schalkwyk, het 11 modelle tydens die geleentheid pryse ontvang.

“Die groep het gedurende die jaar baie hard gewerk en is tydens die prysuitdeling vir hul harde werk en getroue bywoning van klasse vereer,” vertel Erika.

Angelique Pretorius is tydens die geleentheid as die Model van die jaar in die dogters-afdeling aangewys.

Stephan Bekker het dié titel in die seuns-afdeling verower.

Verder is Lise van Staden as die top dogersmodel gekroon en Keagan van der Bergh is as die top seunsmodel aangewys.

Volgens Erika is die top modelle, die modelle wat die beste gevaar het in hul verskeie afdelings. Sy vertel verder dat die top modelle ‘n ander kategorie as die model van die jaar kategorie is

“Anesta Kloppers is as die naaswenner in die Model van die jaar kategorie aangewys en Danelle van der Bergh as die algehele beste model,” vertel Erika trots.

Bianca du Plessis het ‘n algehele derde plek in die Model van die jaar kategorie behaal, terwyl Dény Niemand as Mej Persoonlikheid aangewys is.

Die top drie seunsmodelle is Martin Barkhuizen en die top vier modelle van Best 7 Modeling was Simon Barkhuizen en Alicia van der Bergh.

Clinton Jacobs is met die titel vir top vyf model vereer.

“Ek is baie trots op elkeen van die modelle en bedank hulle vir hul harde werk gedurende die jaar.

Ek glo dat elkeen van die modelle ‘n heerlike vakansie sal geniet en ek sien uit daarna om volgende jaar weer saam elkeen van hulle te werk,” vertel Erika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button