Local newsNews

Sekuriteit ‘n pluspunt vir huisverkopers

Sigbare sekuriteit kan jou beslis help om steeds in die eiendomsmark mee te bing.

In die heersende eiendomsmark waar voorstedelike huise toenemend met eiendomme in veilige komplekse en afgesperde landgoedere moet meeding, is goeie – en sigbare – sekerheidsmaatreëls ‘n belangrike aspek as jy voornemende kopers se aandag wil trek en behou.

“Goeie sekuriteit en persoonlike veiligheid speel ‘n belangrike rol in die besluit om ‘n eiendom te koop en verkopers kan weerstand verwag, veral onder ervare huiskopers, as hul eiendom nie veilig voorkom nie,” vertel Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts: “Dit help nie om voornemende kopers te verseker dat die buurt relatief misdaadvry is, of dat jou honde genoeg sekuriteit verskaf het nie, as hulle eintlik veiligheidshekke, diefwering, ‘n alarmstelsel en sterk sekuriteitsligte verwag.”

“Die eerste ding wat ‘n voornemende koper gaan doen is om sommetjies te maak oor hoeveel dit gaan kos om dit aan te bring – en waarskynlik op die koop toe nog ‘n paar bykomende maatreëls byreken – en die som af te trek van die bedrag wat hy bereid is om vir jou huis te betaal.”

Nog erger, sê Everitt, as hulle haastig is om in te trek sal hulle waarskynlik nie eens ‘n aanbod maak nie en eerder ‘n ander eiendom met die nodige sigbare sekuriteit koop, al kos dit meer as jou huis en al hou hulle eintlik meer van jou eiendom.

“Aan die ander kant sal ‘n huis wat ooglopend veilig is voornemende kopers gemoedsrus gee en hulle mag selfs bereid wees om ‘n premie daarvoor te betaal,” vertel Berry.

Terselfdertyd sê hy as jy wel in ‘n relatief veilige en misdaadvrye buurt woon, moet jy seker maak jou eiendomsagent kan dit benadruk wanneer jy die eiendom bemark.

“‘n Gekwalifiseerde en ervare agent sal voornemende kopers van inligting oor geslaagde misdaadbekamping in die buurt en vergelykende misdaadsyfers kan voorsien – en sal natuurlik alle sekuriteitsmaatreëls van jou eiendom beklemtoon,” sê Berry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button